Zane’ Dutton

Hoerskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was vir my uniek met die illusie van openinge aan beide kante wat bedek is met ligte blou blomme en fyn pereltjies tussen in. Die korset is bedek met dieselfde fyn blomme en pereltjies. Die blou van my rok is vir my hemels blou. Die kleur bring vir my die vrolikheid en vreugde navore wat ek deur die dag ervaar het. Die eindproduk het my saggeaarde persoonlikheid uitgebeeld.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ek het my skool se matriekafskeid bygewoon.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die Here se skepping was my inspirasie. Die blou van my rok beeld vir my hemels blou uit, die blommetjies die natuur en die fyn pereltjies die fyn detail wat die Here gebruik het om ons almal uniek en verskillend te maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was die illusie van openinge aan albei kante van my rok wat met blomme en pereltjies bedek is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media