Zandri Grobler

Hoërskool Vryburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die blommetjies met verskillende skakerings van blou is so eie aan myself, my sag en gemaklike persoonlikheid, my groot liefde vir die natuur en natuurlik my gunsteling kleur - Blou

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Vryburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

As iemand wat nog altyd ‘n ‘plain Jane’ was en lief is vir eenvoud, wou ek graag met my matriekafskeid rok ‘n teenoorgestelde indruk maak. Gesofistikeerd, stylvol en uniek is die drie woorde waarmee ek my rok bekroon. Van kleins af droom ons almal oor daardie dag in ons finale skooljaar, die rok en die glans, my eie matriekafskeid! My rok moes daardie klein prinsessie in my droom vervul. Sonder twyfel het my rok my wildste drome oortref.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele aand was spesiaal en ek kon my matriekafskeid terdeë geniet terwyl ek voel of ek sweef deur die merkwaardige aand in my lewe omdat my rok so gemaklik vir my aan my gevoel het en ek so mooi en spesiaal in my rok gevoel het.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media