Ek wou nie net ń rok gehad het wat "sexy" lyk of my mooi laat voel het nie; ek wou iets skep wat mense sal onthou, iets wat mense se asem sal wegslaan en ń wow oomblik skep. Die strik op die mou was wat die rok vir my gemaak het; dit was iets anders, iets wat ek nog nie gesien het nie. Ek het aan die begin bietjie getwyfel oor my ontwerp, maar toe ek die laaste 5 meter rooi Moraccan satyn in die hande kon kry het my twyfel verdwyn; hierdie was my rok, it was meant to be. Die stywe plooie om die bust het my figuur te beklemtoon en verseker dat ek heelaanc lank soos ń model gevoel het. Die lang sleep het op die loopplank agter my gewaper om my soos ń hoofkarakter in ń juli roberts movie te laat voel. My rok het my persoonlikheid perfek weerspieël: simpel tog elegant en iets uniek.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het geweet ek wou ń rooi rok hê, ek het vroeër die jaar rooi gedra vir ń skool dinee en dit het soos ń handskoen by my eienskappe gepas. Ek het na baie aktrises en modelle se MET gala en Oscar ontwerpersrokke gekyk. Gigi Hadid en Cara Delevingne het veral my oog gevang. Cara se rooi Ellie Saab Oscars rok van 2023 het vir my uitgestaan, dit was iets anders. My ontwerper het my mates perfek gesny en die rok uitstekend nagemaak. Sy het my asem met die eerste pas heeltemal weggeslaan.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafkseid rok is hoe dit my laat voel het. Die rok het koppe gedraai en gesorg vir baie komplimente, ek het soos ń prinses gevoel tydens en selfs ń week na die matriekafskeid. Die sleep is gesny om agter my te golf en het my op die loopplank soos ń model laat voel toe dit in die wind gewaper het. Die sleep is selfs verwyderbaar en het verseker dat ek met gemak na die tyd kon sokkie! My rok het my aand gemaak!