Yvette de Swardt

Vryheid hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In kort kan my rok beskryf word as 'n sagte pienk A lyn rok. Sodra jy 'n tree nader gee sien jy die vuurwerkagtige patrone in donkerder pienk en pewter sequins asook die fyn sagte pienk borduurwerk op die romp van die rok wat dit 'n magiese effek gee. Mens kyk ook maklik die glinsterende horisontale inwerkings mis wat die swaar 3 lae materiaal van die rok verstewig en die illusie skep van 'n smaller middel. Die vere en blomblaaragtige materiaal op die skouers skakel briljant in by d res van die rok en steek die naat van die lang glinsterende satyn moue weg. Die moue wat kan afhaal en uit 2 kleure bestaan glinster in die son. Die oop moue gee beskerming teen ons koue winters matriekafskeid aand, maar beperk geensins beweging nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is versot op lees en raak gedurig meegevoer in my fantasie boeke en die betowerende beskrywings van aandrokke wat karakters in die fantasie wereld sal dra. Ek wou graag 'n rok hê wat my sou laat voel soos een van die karakters in my boeke. My mikpunt was om mense se idees van stylvol en klassiek uit te daag en terselfdertyd hulle asem weg te slaan. Ek het beslis hierin geslaag en soos een van die heldinne in my strokiesverhale gevoel en gelyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Oorspronklik het my rok nie die lang satyn moue gehad nie en met ure se frustrasie en kopkrap het ek en my ma die lang sagte moue gemaak. Die moue is so gemaak dat dit deur die loop van die aand afgehaal kon word sodat ek gemaklik kon dans sonder om bekommerd te wees dat die delikate satyn sal hak of raak getrap word.

Datum van matriekafskeid?

2024-07-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media