Yulia Smith

HMO Kakemas

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou baie graag n elegante en stylvolle skepping dra. Ek het Ilse Roux ontwerper van die Kaap genader en sy het n figuur analise gedoen en dis hoe ek op my droom rok besluit het. Rooi is natuurlik my gunsteling kleur en ons het gegaan met n granaat rooi. Dis treffend en klassiek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma was my inspirasie. Sy kon nie haar matriek afskeid bywoon nie en sy het net sulke groot drome gehad om my rok perfek en prentjie mooi te laat lyk en pas.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel was nadat ons die rok by die ontwerper gaan haal het in Junie 2024 moes hy aan my ma se kas deur hang vir 3 maande. Ek kon nie wag om dit aan te trek nie. Alles was n geheim. Vir niemand het jy vertel wat is jou kleur van jou rok of jou skoene nie. Vir niemand het jy vertel hoe jy jou hare gaan doen of grimering nie. En toe breek daardie groot dag aan wat almal so voor gewag het. Jy is opgetooi en jy kan nie wag om te gaan af show met jou rok nie. Dit voel of jy sweef jy voel jy is die mooiste daardie aand. En so lank soos wat ek gewag het om my droom rok aan te trek net so gou het die aand verby gegaan en ek wou nie my rok uit trek nie. Wou gaan slaap het met hom. Wou net nog n rukkie langer mooi lyk.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media