Yolandi Fouche
Hoërskool Wesvalia
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag n rok gehad het wat elke deel van my beklemtoon . Die bokant met die oop rug is presies wat ek wou gehad het omdat ek nie hou van rokke wat te besig is nie en ek het nog altyd n sagte plekkie gehad vir n rok met n oop rug . Die lang sagte onderkant beklemtoon my lengte perfek. Die wit kant en die keuse vir n blou rok vertegenwoordig my oorlede broer sodat hy elke tree van die dag daar kon wees.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Wesvalia
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
As n elf jarige dogtertjie het ek my baba boetie in n frats ongeluk verloor. Met sy rou diens het ons sy lewe gevier deur wit duiwe te laat vry gaan. Dus het ek die wit kant gekies saam n blou rok om sy lewe op nog n manier te vier. Dit was ook my manier om hom die dag saam my teenwoordig te he.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Verseker die kant en die fyn pêrels wat ontwerper Kobus Rautenbach op gesit het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-30