Yani Cloete



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die journey om my rok te kies was nie een sonder baie twyfel, trane en onsekerheid nie. Mens word oorweldig met soveel invloed vanaf links en regs en die druk om perfek te lyk hang boonop ook oor jou kop. My ma se woorde: "Mens kan nooit verkeerd gaan met iets wat elegant is nie" het aanhou weergalm in my kop. Dis juis hierdie woorde wat daardie prentjie van 'n perfekte rok laat uit dof het en my fokus was meer om die perfekte rok vir my te skep. 'n Rok wat my komplimenteer en laat shine.
Al wat ek graag wou hê is om mooi, gemaklik en soos myself te voel in my rok. Ek wou oor 10 jaar kon terugkyk en nogsteeds dink ek het beeldskoon gelyk. Soos hulle sê 'n ma weet altyd die beste en wie is ek om te stry. So met my rok het ek gestreef na elegansie en wou ek iets bereik wat altyd as klassiek gesien sal word en wat is meer klassiek as swart ?
Eenvoudig was nog altyd vir my mooi en ek wou hê dit moes weerspieël in my snit ook. Die klassieke swart kleur met die eenvoudige snit was bymekaar gebring deur die strikkies op my skouers. Strikkies sal altyd oulik wees. Jy begin jou skool loopbaan met die jou linte wat jou ma om jou 2 ponies groot strikke bind. So wat 'n beter manier om jou skool loopbaan met daardie selfde strikkies af te sluit. Net bietjie modified natuurlik.
Ek het gelag, gehuil, gestres en seker 10 plooie bygekry voor die groot dag. Maar die grondpad vol los klippies en gruis sal ek nie verruil vir 'n gladde teerpad nie. Ek het beautiful gevoel en kon eerlikwaar nie glo hoe ek lyk nie. My hart glimlag nogsteeds as ek daaraan dink
My baie eenvoudige rok. My plain rok. My not so little black dress, maar my perfekte rok 🖤