Xante Roodt
Hoerskool Kalahari
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ontwerp deur Jolandie Fouche van Jolache Couture.
My rok was presies waarna ek nog al die jare gesoek het , gemaklik , met n vleiende vorm maar steeds vloeiend. My grootste doelwit vir my matriek afskeid was laat alles saam vloei , dit moet sag lyk maar steeds stylvol en elegant. Geel is nogaltyd my gunsteling kleur , dit is vir my die toonbeeld van geluk en dit is presies wat ek met my rok wou uitbeeld.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoerskool Kalahari
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het gesoek na n rok wat voel soos "Xante", ek wou uit en uit my persoonlikheid uitbeeld en soos myself voel. Ek wou graag gemaklik wees , en die rok het al daardie vereistes vervul. Dit was vloeiend , en ek het presies soos myself gevoel. Natasha Joubert is die grootste rolmodel vir my en toe Jolandie my vertel dat Natasha my rok al gedra het , en die feit dat die rok perfek al my vereistes vervul het , was ek vasbeslote dat dit my rok is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Een van my gunsteling dele van my rok was dat hy klein perel details bevat het , die perfekte neklyn en selfs n mooi rug gehad het. Hy het bo styf genoeg gesit en het onder die vloeiende eienskap gehad wat ek nog altyd na gesoek het.
Maar my heel gunsteling deel was dat dit my gunsteling kleur , geel , was.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-02