Xante Erasmus
Curro Hermanus
Tuisdorp
Hermanus
Skool
Curro Hermanus
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek was n volle drie jaar oud, toe ek vir Michael Hittinger ontmoet het, hy en my boetie saam met al sy ander vriende het my altyd rondgejaag, rondgedra, en behoorlik rond laat hardloop! Michael het sy drome na gejaag en n baie suksesvolle Mode Ontwerper in die Kaap geword, hy is bekend as Michael Ludwig Studio. Dit was vir my baie spesiaal om vir hom te vra om my rok te maak, soveel herhinneringe van my kinderdae het weer teruggekom, al die pret, liefde en mooi in ons huis met kinders wat lag en speel! Van die eerste oomblik wat ek by Michael ingestap het, was dit net n fantastiese ervaring, hy het presies geweet wat ek wou he en na net 2 afsprake en passings het hy die perfekte rok vir my ontwerp en gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou nog altyd die mooi in n eenvoudige klassieke voorkoms weerspieel. Michael se ongelooflike talent het net gevloei in die res van my visie in. Die rok se kleur was my droom al vandat ek kan onthou, en die res het net so verskriklik mooi ingepas. Ek wou pragtig voel, en tog tergelykertyd gemaklik voel en natuurlik lyk
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Drie jaar gelede was my Pappa gediagnoseer met Fase 4 Kakebeen Kanker. Dit was n baie rowwe tyd vir ons, en ons het van dag tog dag gelewe, klein positiewe dingetjies gevier asof dit massiewe gebeurtenisse was. Ons het die negatiewe aaklige gedeelte ervaring deurgegaan van ons geliefde wat so moes ly met operasies, bestraling en oneindige toetse.....In daardie tyd het ek net gehoop dat my Pappa my sal kan sien op my Matriekafskeid want met sy siekte het ek nie gedink dat hy lank sal lewe nie.....Bo alles het hy blakend gesond anderkant uitgekom en op 29 September 2025 kon ek instap in die vertrek met my matriekafskeid rok aan en ek kon die voorreg he om die trots, liefde en bewondering in my Pa se gesig te sien. En my hart kon stil raak om te weet hy het my so gesien.
Dit was ook vir my besonders spesiaal om die hele ervaring van die beplanning van die rok saam met my Mamma te deel, ons het n baie spesiale band, en dit was n baie spesiale tyd vir ons as familie...een van die groot oorwinnings
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My Pappa se gesig toe ek in die vertrek instap, en my gevoel toe ek myself in die spieel sien, hoe alles net bymekaar gekom het. Ook die gelukkige gesigte van al my maats wat absoluut fantasties gelyk het, en dit was net een groot "celebration" van sommer alles en almal wat na aan my hart is!
Planne vir na matriek
Ek gaan BSC Human Life Science studeer by Stellenbosch Universiteit met die doelwit om n chirurg te word
Gunsteling woord in Afrikaans
Piekie Lyfie (my noem naam vir my Basset wat absoluut my sielsgenoot is)
Datum van matriekafskeid
2025-09-29