Wilandré Lötter
Hoër Volkskool
Tuisdorp
Heidelberg, Gauteng
Skool
Hoër Volkskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Karen Couturier, Pretoria.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was volgens die victoriaanse styl rok van daardie tydperk, met die fyn besonderhede wat 'n elegante beeld toon, met 'n mengsel van die moderne rok styl van vandag. Die goud insetsels gee glans op jou vel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is 'n beeld wat ek self ontwerp het en dit 'n werklikheid laat maak volgens my smaak en styl. Sonder die hulp van my ma en die ontwerper sou dit nooit 'n realiteit geword het nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Toe ek op die rooi tapyt geloop het, toe ek my rok kon afwys aan die skool, dit het gevoel asof ek 'n hoogtepunt bereik het. Die oomblik toe ons die venue bereik het, en die voorreg gehad het om die mooi opstel van die venue te gesien het, met baie ander meisies & seuns met hul verskillende kleredrag.
Planne vir na matriek
Ek gaan saam met my ma verhuis na Durban, en daar sal ek by 'n opleidingsfasiliteit aansluit om verder te studeer om 'n Vliegtuigvlieënier te word.
Gunsteling woord in Afrikaans
Stokkies
Datum van matriekafskeid
2025-10-17