Wil-mari Knouwds
Hoërskool Centurion
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het al vroeg in my matriekjaar begin kyk na rokontwerpe. Ek het 'n idee gehad, maar was nie seker nie. Ek het toe op 'n ontwerp afgekom en dit het dadelik my asem weg geslaan. Ek wou anders wees as my klasmaats, so die dramatiese ontwerp het dadelik daardie wens oortref. Ons moes toe besluit op 'n kleur en weereens wou ek anders wees. Elke jaar is dit omtrent dieselfde kleure en mode ontwerpe. Ek wou uitstaan van die ander. My ma wat my steun pilaar was in die tyd wat ons die rok begin maak het, het my na 'n materiaal winkel geneem waar ons oorspronklik eers na materiaal gaan kyk het en daarop besluit het. Toe ons uiteindelik die materiaal moes gaan koop het, toe verander ek my keuse van kleur en tipe materiaal. Ons het vir Tannie Marina Kapp van Buzy Bee Creations op facebook gekry en haar gevra of sy kans sien om my droomrok vir my te maak. Van dag een af wat ons gegaan het vir die mates het sy my sterk ondersteun. Sy het raad gegee waar nodig was en vir my vrye kreatiwiteit gegee. Tannie Marina het my droom bewaarheid deur die rok van my drome te ontwerp. Ek was so opgewonde dat ek omtrent elke dag my rok wou gaan aanpas. Met die finale passing het ek geweet die rok was vir my bedoel en niemand anders nie. Ek het gemaklik in hom gevoel en hy het al my erwagtinge oortref. Soos Tannie Marina dit beskryf "Wil-mari se rok is uitsonderlik mooi met die vloeiende sagte satyn. Die pienk pas so mooi by haar persoonlikheid en dit was vir my heerlik om op die ou einde te sien hoe die rok haar komplimenteer."
Skool se matriekafskeid bygewoon?
20 Sepyember 2024 - Idlewild Country Estate
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok: Princess Kate het ook so tipe rok by ‘n Fuksie gedra en dit het baie elegant vir my gelyk. Ek het albei my oumagrootjies aan my ma se kant van die gesin op 'n vroeë ouderdom verloor. Dit was vir my moeilik om dit op daardie oomblik te aanvaar. My een oumagrootjie het 25 jaar gelede my ma se matriekrok gemaak en tot vandag toe kan sy dit steeds na funksies dra. Die perel-besonderhede op my rok herinner my aan my oumagrootjies, beide elgante en stylvolle dames met hul perel-oorbelle en halssnoere jy kon hul altyd deur ‘n ring trek. Die lang dramitiese moue herinner my aan 'n paar dramatiese oomblikke in my lewe wat baie tranerige dae veroorsaak het, maar met die wind wat deur die moue waai, is ‘n simboliese teken wat my gewys het dat alle hartseer oomblikke oor die jare kan oorwin word. Deur my unieke rok ontwerp wil ek my sussie en ander jonger meisies inspireer om uniek te wees maak nie saak wat hul omstandighede is nie bly altyd getrou aan jouself. Ek wil bly wie ek isen ek wil aanhou mooi lyk en voel. Terselfdetyd verteenwoordig dit sagtheid, vroulikheid, sprankel, optimisme, asook ‘n tipe kinderlikheid en dit is wie ek is. In my lyf en liggam klop daar ‘n hart vol liefde, en ja, ook selfvertroue oor wie ek is. Mense is geneig om hul swakheid altyd tevore te bring maar met my rok wil ek bewys maak nie saak wie of wat jy is nie ons almal is uniek op ons eie manier.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kleur van my rok aangesien dit 'n unieke kleur is wat nie deur baie ander matriekmeisies gedra is nie. Dit het vir my gevoel ek druk my stempel af, ek voel dit vly my figuur en dit maak dat ek my selfvertroue kan oor gee aan ander sonder dat iemand my kan afkraak. My oop rug wat my bouvorm van my liggaam beklemtoon het wat my aangemoedig het dat ek uniek is op my eie manier en dat geen ander persoon soos ek is nie, ek is een in ‘n miljoen . Die lang dramitiese moue herinner my aan 'n paar dramatiese oomblikke in my lewe wat baie tranerige dae veroorsaak het, maar met die wind wat deur die moue waai, is 'n simboliese teken wat my gewys het dat alle hartseer oomblikke oor die jare kan oorwin word. Die rok het my die kans gegee om te droom en vir my bewys ek mag ook leef. Die rok beklem toon ook dat God my geskape het, met ‘n persoonlikheid wat vloei na die lewe wat vir my voorlê, vry van veroordeling en vir Hom, is ek volmaak en uniek! Daarmee wil ek vir die meisies wat ook onseker voel oor hul self sê dat enige iets is moontlik as jy in Hom en in jou self vertrou.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20