Vicky Schoeman

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het besluit om my rok se Silhouette so eenvoudig as moontlik te hou terwyl die rok nogsteeds ‘n stylvolle/ kleurvolle effek moes handhaaf. Die kleur het ‘n belangrikke rol gespeel in die ontwerp van die rok. Al was die silhouette eenvoudig, wou ek gehad het dat die kleur van my rok die kyker se aandag moet trek. Dit was noodsaaklik vir my om my rok se styl so tydloos as moontlik te hou, maar om ook my persoonlikheid, met die gebruik van die materiaal se kleur, uit te druk. Hierdie beeldskone rok is gemaak deur Elizmari Heathcoat deur die loop van hierdie jaar.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Een van my grootste inspirasies vir hierdie rok, was Belle (‘n Disney Prinses wat ‘n stil, maar sterk mens was en dit is hoe ek wou gehad het my rok moes wees, klassiek maar tog iets ongelooflik wat tussen die ander uit staan). Die geel/goud kleur wat ek gekies het vir weerspiëel my gelukkige en selfversekerde persoonlikheid. ‘n Ander deel wat ‘n groot inspirasie vir my was, was om die rok se styl so tydloos as moontlik te hou terwyl daar gebruik gemaak is van ‘n unieke kleur waar my persoonlikheid op die mooiste manier uitgedruk kan word. Ek glo sterk in die gesegde “less is more”.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeid rok, was die manier hoe my romp, my soos iemand uit ‘n tydlose era laat voel het en ek het dadelik verlief geraak op die kleur van die materiaal. Daar was ook baie aandag aan die fyner detail gegee soos die oorgetrekte knopies sowel as die “basque waist” gedeelte van my rok. Wat my rok vervolmaak het was die rit in die 70 jaar oue Citroen, waarin my Oupa ook na sy matriekafskeid toe was.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media