Trish Visser

Hoërskool DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok reflekteer my menswees. Die noupassende snit van die rok, die roomkleurige satyn en wit en silwer kant wat met deursigtige kant afgewissel word sowel as die lae V-rug ontwerp, aksentueer die Trish wie my familie en vriende ken.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Sosiale media het tot my redding gekom! Ek het lank op Pintrest gesoek vir inspirasie, maar kon niks sien wat werklik gevoel het asof dit met my praat nie. Ek het wel dadelik geweet toe ek hierdie rok op Instagram sien dat dit dié een vir my is. Ek het egter die agterkant van die rok self ontwerp. Dit was vir my belangrik gewees dat die kleur van die rok my persoonlikheid uitbeeld: uniek, warm en saggeaard, maar steeds stylvol en ooglopend.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Twee dele van my rok wat vir my uitgestaan het is die lae V-rug sowel as die roomkleurige satyn-materiaal wat gebruik is. Die roomkleurige satyn-materiaal komplimenteer my vel. Dit is 'n kombinasie van die reinheid van wit en die warmte van geel en die kraletjie- afwerking wat my laat voel het asof ek straal! Sport is my passie en ek is iemand wat lief is daarvoor om te oefen en aktief te wees- daarom wou ek graag hê die lae V-rug moes ook my rug beklemtoon. Tog is ek baie gelukkig en mal oor my rok as 'n geheel. Dit is 'n elgante en tydlose ontwerp en kon met 'n breë glimlag op die rooitapyt pronk!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media