Tomé Stoltz

Tuisonderrig

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het ure op Pinterest gesoek na die perfekte rok en met 'n prentjie in my hand by Lynmarie Griffioen Design aangeklop, 'n klein bondeltjie energie en kreatiwiteit, wat die hele proses moeiteloos en pret gemaak het. Sy het presies geweet wat ek wou hê, watse kleur en styl my die beste sou pas en my droom waar gemaak. Ek het soos 'n prinses gevoel toe ek my rok vir die eerste keer aanpas. In plaas van swart soos op die foto, het ons rooi gekies wat my vel en groen oë mooi komplimenteer, en die korset en die balrok gee net daardie ekstra drama en estetika.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Privaat

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die betowerende styl van Ou Hollywood - glansryke silwerdoeksterre soos Marilyn Monroe en Grace Kelly met hul tydlose en elegante aandrokke, rooi lippe en sjiek haarstyle.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was mal oor die diep neklyn wat my middel beklemtoon en die lang split wat my bene gewys het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-23

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media