Tiyana Lourens
Hoërskool Klerksdorp
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Liggroen (Sage) was nog altyd een van my gunsteling kleure. Ek wou elegant wees, maar tog iets anders as die algemene rokke dra. Die rok is satyn, met steentjies op die bostuk. Ek het gekies om sakke te hê in die rok, in stede daarvan om die hele aand met 'n handsak rond te loop. Die rok is prettig, maar stylvol.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Klerksdorp
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My boetie is oorlede op 3 maande. Hy het liggroen aangehad die dag toe hy in die hospitaal opgeneem is. Van daar af is dit my gunsteling kleur. My naam is soos Prinses Tiana - haar rok is ook liggroen. Ek is my pa se prinses, daarom was my rok ook liggroen. Ek wou net iets prettig maar elegant aantrek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die feit dat die rok lig was, nie 'n swaar materiaal nie. Die sakke in die rok was ideaal, om nie 'n handsak te dra nie. Die steentjies het dit elegant gemaak, om steeds te onthou dat die matriekafskeid 'n partytjie is.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19