Timney Greyling

Hoërskool Diamantveld

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Melinda Bam het tydens die Mej SA kompetisie in 2022 hierdie pragskepping van Anel Botha Couture aangehad. Dit het dadelik my oog gevang en het perfek by my idee van my matriekafskeidsrok gepas. Dit het ook my persoonlikheid 100% vasgevang. Stylvol, elegant, veerkragtig en dapper is die woorde wat in my kop verskyn as ek aan my rok dink. Ons het die ontwerper geskakel en dadelik n afspraak gemaak en die wonderwerk van alles was, toe ek hierdie rok aantrek, het dit perfek gepas, daar is geen verstelling gemaak nie, dit het my lyf soos n handskoen gepas. Hierdie rok het soos die engelse dit sal stel, a presence (teenwoordigheid) gehad en my laaf sweef. My matriekafskeidsrok idee/tema wat ek graag wou uitbeeld, was sterk, kragtig, onafhanklik, stylvol en absoluut gemaklik.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Diamantveld

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog my lewe lank n redelike skaam en teruggetrokke meisie. Ek wou vir my matriekafskeid myself uit my gemaksone vat, en my limiete toets. Hierdie rok laat my soos n "femme fatale" voel. Ek is passie, krag, lewe en liefde in hierdie rok. In n wêreld van swart en wit, streef ek nou daagliks daarna, met die selfvertroue en onafhanklikheid wat hierdie rok aan my gegee het, om n lewendige rooi streep in die lewe te wees. Rooi is nie net n kleur nie. Dis n houding. Dit vertel n storie. Dis kuns wat nie almal verstaan nie. Dit is my hart.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gevoel van onafhanklikheid en krag wat hierdie rok aan my gegee het, sowel as nuutgevonde selfvertroue. As ek hierdie rok aan het, staan ek in donker drukskrif uit. Dan is ek nie bang of skaam nie. Ek is dapper en selfstandig. My gunsteling deel van my matriekafskeidsrok is hoe dit my laat voel en wat dit vir my beteken.

Datum van matriekafskeid?

2024-04-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media