Tiané Smit

Hoërskool Pretoria-Noord

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het die rok heeltemal self ontwerp. Glad nie regtig geweet wat ek presies wou doen nie maar soos wat die ontwerpster my rok begin verander het, het die idees begin vloei. Ek wou n een skouer rok he en die swart kant was sodat ek en my date by mekaar pas. Soos wat elke stukkie in mekaar begin pas het, het ek al hoe meer verlief geword en kon ek nie wag vir my groot dag nie. Van die kant tot die snit van die rok was als geïmproviseer. Die gladde blink sy was aan die binnekant wat die rok baie gemaklik gemaak het met die growwer sy kant aan die buite kant want ek wou nie iets he wat te veel uitstaan nie, dit moes my net mooi komplimenteer en is beslis wat die rok gedoen het. Ek is 100% verlief op die rok. Ek wou net he dit moes anders wees ek wou nie soos enige van die ander dames gelyk het nie. Die rok moes heeltemal uniek wees en pas by wie ek is en ek kon nie vir n beter uitkoms vra nie. Die rok het beslis my hart gesteel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Glo dit of nie. Dit was eers my ma se matriekafskeidrok. Ek het van die begin af wat my ma vir my eendag uit blote nostalgie die rok gewys het my hart op die rok verloor. Ek wou graag spesiaal na n rowwe tyd wat my gesin deur is die rok opdra aan my ma wat nog altyd my rots is in tye wanneer ek struikel.My ma se tannie was die oorspronklike ontwerpster van die rok. Ek wou die rok net komplimenteer met my eie unieke glans en toe ontstaan MY rok.Ek hoop om eendag die rok ook aan my dogter oor te dra sodat sy net so pragtig in die rok kan voel soos wat ek die voorreg gehad het om te voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

[ ] Van die begin af het die kleur my oë gesteel en toe pas al die stukkies in mekaar om my droomrok te vorm. Die snit, kleur en kant was als perfek. My rok was als waaroor ek as graad 8 dogtertjie gedroom het en die feit dat dit eers my ma se rok was maak dit soveel meer spesiaal.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media