Hierdie rok se marmeragtige samevloei van unieke kleure, wat saamsmelt met 'n stylvolle en sensuele ontwerp, gekomplimenteer deur elegante tule moue het onmiddelik weerklank gevind met my persoonlikheid. Die rok is tydloos, elegant en "iets anders". Hierdie skepping helder my hart en gelaatskleur op.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Bloemhof
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Met uiteenlopende idees oor presies wat ek wou hê, het ons soektog vir inspirasie in die skatkamer van Genèvieve Atelier Boetiek begin. Daar het my rok vir my gekies!
En, soos 'n hartsvriendin die afspraak vir die matriekafskeid met my bevestig.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die besonderhede samestelling van kleure en patrone het my aangegryp.
Die korset, omraam met 'n diamant-randjie, wat oorgaan in 'n lang uitklok-rok rond die prinses-prentjie in my verbeelding af.