My rok wat ek gedra het was eintlik ñ kombinasie van twee rok idees wat ek gekry het, toe ons die twee foto's kombineer in een foto toe weet ek sommer ek het my rok gekry en ek hoef nie verder te soek nie. My rok is deur Yolandi Heckroodt (in Bloemfontein) gemaak
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Bethlehem Voortrekker Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Minimalisties, maar moet tog my persoonlikheid uitbeeld, blou om my oë te kompimenteer en speels maar tog elegant
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die heupe wat oop was, dit voel vir my dit het karakter aan die rok gegee