My rok is 'n unieke ontwerp en gemaak deur Madelain Clark Exclusive. Die smaraggroen kleur, simboliseer nie net elegansie nie, maar ook groei en lewenskrag wat perfek pas by die tema van die afsluiting van my skoolloopbaan en die begin van my volwasse lewe.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Kuswag Hoërskool, Amanzimtoti
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok het gekom van my liefde vir die natuur en die lewendige kleure daarvan. Die rok weerspieël 'n gevoel van elegansie en beeld ook my persoonlikheid uit: elegant, maar tog speels en vol lewe. Die smaraggroen komplimenteer my hare en velkleur perfek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is dat dit 'n tweestuk-ontwerp is, wat maak dat ek die korset en die romp afsonderlik kan dra, wat dit baie veelsydig maak. Die korset met die steentjies gee 'n tikkie 'glamour' en glans wat enige meisie se selfvertroue verhoog. Die sagte, vloeiende materiaal van my romp het gemaak dat ek elegant kon beweeg.