Tané Erasmus

Hugenote Springs

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My idee, Jou idee, Ons idee. Dazelle Venter van Be Dazzled het my Saffier blou rok gemaak. Bestaande uit 'n nousluitende romp met 'n hoë slit, gemaak uit sequined fluweel. Rug juwele het my lae V-rug beklemtoon. My korset bostuk is versier met verskeie lae kant, insluitende 3D kant blomme asook baie Saffier kristalle. 'n "Peek-a-boo" oorromp uit lae glinster tulle het die illusie van 'n A-lyn rok geskep, en my silhoeët kon deur die lae gesien word. My "detachable" sleep wat uit lae glinster tulle gemaak is, het ekstra drama aan my rok gegee (versteekte hakkies was op die agterkant). Glinsterend en gemaklik!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Digkuns en my persoonlikheid. 'n Digter het insperasie nodig vir 'n gedig, in hierdie rok het ek gevoel asof ek verander van die digter, na die gedig. Ek is spontaan, perfeksionisties, gemaklik en uniek. Jou persoonlikheid het baie lae, elegansie hou hand met selfverseker, maar dan is daar ook die rabbedoe in my, die een wat eerste op die "jet-ski" is, met klere-en-al in die water spring en nog boom klim. Die sag van die tule is waar die wind waai, en die "detachable" sleep verteenwoordig die tikkie drama (en het ons 18 jarige dames nie tog maar daai bietjie "drama-queen" nie?!). Die glinster is hoe ek onthou wil word, my menswees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was beslis my bostuk. Dit simboliseer vir my, soos mense, dat as jy werklik na die rok kyk, sien jy meer as net die buite laag, maar die mooi en verskillende dele wat inmekaar invleg.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media