Tamika Grobler
Hoerskool Linden
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou n unieke rok gekies het wat tog nogsteeds klassiek is.
Ek is baie geseënd om so wonderlike ma te he wat so baie talent het om vir my n matriekdans rok te maak.
My ma was saam my deur elke stap van die prosess en het vir my n sprokieprent rok van my drome gemaak.
Na al die laat aande se redeneer oor verskillende idees het ons uiteindelik op n ontwerp besluit. N Ontwerp met kralewerk wat sy individueel met die hand vasgewerk het om ń gedetailleerde patroon met fyn borduursels te skep.
Ek wou nie n wye rok gehad het nie maar iets wat my soos n handskoen sal pas.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoerskool Linden
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het afgekom op die verwysingsfoto van n asemrowende model en het dadelik geweet ek soek n rok nes hare. Ek het die basis van daai rok gevat en veranderinge daaraan gemaak.
Van kleins af sien mens uit na jou matriekafskeid en ek is so gelukkig om die rok van my drome te kry.
Ek wou graag n kleur gebruik wat nie so populer is nie maar tog nogsteeds uitstaan met blink detail en gehoop dit sal mense se asem steel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die feit dat dit so perfek by my persoonlikheid pas, ek het n baie opwekkend persoonlikheid en die rok kan jy nie mis loop nie. Dit was gemaak vir my en het my perfek gepas en ek voel dit vertoon rerig alles wat ek van hou.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20