My rok is deur my eie verbeelding geskep en toe deur 'Carike Nel designs' ontwerp.
Dit is n burgundy rok , gemaak uit satyn met n corset wat bedek word met duisende pêreltjies.
My rok bevat wel ook n verassende element , dit is n 3-piece! Dit bestaan uit n corset en n romp wat kan afkom! Onder die romp is daar dan ook n burgundy satyn broek! Met ander woorde , my rok kan in n "powersuit" in verander in minder as 5 sekondes.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My vriendin het die kleur inspireer , nadat sy genoem het my vel- en haarkleur goed sal pas by burgundy.
Die ontwerp self het ek sommer net die dag voordat ek vir Carike ontmoet het uitgedink. Dit het sommer natuurlik gekom , ek het geweet ek wil elegant lyk maar met so bietjie van n "dramatic flare" of verassing!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
100% die broek! Nie net is dit gemaklik om in te dans nie , maar toe ek my romp afruk en my "powersuit" bekend maak was almal verbaas gewees. Die kinders in my graad weet al ek is die "drama queen" , maar niemand het iets soos dit verwag nie! Jy kan seker sê ek was daardie aand die "belle of the ball"!