Talita Viljoen

HTS Drostdy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

‘n Sagte, baba-pienk satyn rok. A-lyn en vloerlengte. Dit klink basies totdat jy van die pragtige pofmoue hoor.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit was ‘n blote waaghalsige gevoel wat my na hierdie rok gelei het. Met 5 rokke reeds in die aanpas hokkie, het ‘n baie vriendelike winkel assistent by bride & co my aangehits om nog een te haal. Ek was glad nie seker waarvoor ek gesoek het nie. Toe ek die pienk pofmoue gesien het, het ek aanvanklik die rok na die aanpas hok geneem om myself bietjie uit my gemakzone te stoot. Ek moet erken, dit was beslus nie liefde met die eerste oogopslag nie. Die rok het wel so heg aan my gegroei dat ek dit nou met geen ander sou wou ruil nie. Hierdie rok is ‘n perfekte weerkaatsing van my persoonlikheid. Vroulik, sag en elegant.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hoe dit my laat voel - beeldskoon, elegant en vroulik.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media