Talita Modiakgotla-Botha
Paarl Gimnasium



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
In Desember 2021 het ek reeds besluit om 'n rok van tradisionele Afrika motiewe of materiaal te laat maak vir my matriekafskeid. Alhoewel ek in 'n Afrikaanse Christelike huis groot geword het, is ek van Sotho afkoms. Die "vibrant" Iswati motiewe het my van die begin af getrek en die res van die bykomstighede het organies ingepas nadat ons die materiaal gekoop het.
Die hooftooisel is deel van die Zoeloe tradisionele drag en die kralewerk om my nek is tradisioneel, Masaai. Die wit bostuk is van satyn wat met oorgetrekte satynknopies agter vasmaak.