Sybel van Zyl
Bothaville Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou graag ‘n rok gehad het wat my lyf perfek pas en merkwaardig is. Die juweel van ‘n rok het sonder twyfel aan my vereistes voldoen. Van die prefekte lap, ure se werk om die glas-krale met die hand op te borduur en die lang sleep wat my volg as ek loop, tot die pragtige blomme wat om my vou. Die skoon en sagte lyne het bygedra tot die treffende skepping van my drome.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Bothaville Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Glo dit of nie, my inspirasie was nie n trourok nie! Ek het ‘n foto op Pinterest gesien van die voorkant van die rok. Na twee weke het ek weer ‘n foto van die rugkant gesien en ek het geweet DIS my spesiale rok... Die rok is iets anders en beslis nie iets wat ek al ooit gesien het nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die bo-kant van my rok. Die delikate hand op-geborduurde kraletjies wat in die lig geblink het as ek op die dansvloer draai, die blomme wat spesifiek en op die perfekte plek geborduur was en my amper oop rug wat die vroulike skoonheid beklemtoon, dra alles by tot my gunsteling deel van my rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20