Suré du Plessis
Hugenote Höerskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
ñ Asemrowende roesbruin rok wat se materiaal glans in die son en almal se oog vang, het ek self ontwerp . Na n paar dae se dink en sketswerk het ek besluit dat die rok die volgende moet hê:
2 hoë splete en ñ groot oop rug. Iets wat anders is van my rok is dat dit enkellengte is wan nie so algemeen is vir ñ aandrok nie . Die rok spreek tot my persoonlikheid -Uniek! Die rok is afgerond met ñ dramatiese handgestikte korset en ñ mooi band wat om die nek span om ondersteuning te bied. Die borsgedeelte is so ontwerp om die aandag op die korset te vestig. Elke detail is mooi deurdink om al die kurwes van ñ vrou se liggaam af te rond. Die roesbruin kleur pas by my bruin hare en bruin oë wat my natuurlike skoonheid beklemtoon.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
19 september 2024
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie is vroulikheid en my 4 jaar se harde werk in die gym.
Ek was geinspireer om my rok te ontwerp om uniek te wees net soos ek. ñ Enkellengte rok is ongewoon en staan dadelik uit by ñ formele geleentheid. Ek wou het dat almal se oë dadelik na die korset kyk en ñ "WOW" oomblik beleef. Dit was baie belangrik dat die rok my vroulik laat voel, omdat ek bietjie tomboyerig lyk agv my gym-toegewydheid. Die rok moes my slanker en langer laat lyk sonder dat dit oplettend is dat die rok so ontwerp is. Om vroulikheid en gym te kombineer is vreemd omdat ek vir sterkheid en nie mooiheid oefen nie.
Elke vorm, yn en tekstuur moes my komplimenteer.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit is amper onmoontlik vir my om 1 ding uit te lig wat my gunsteling is oor my rok. Ek het lank gedink daaroor.
Die korset is beslis my gunseling, omdat daar so baie moeite en harde werk daarin gegaan het. Elke stiksel is met die hand ingeryg en elke been van die korset is so gevorm om die elegansie te beklemtoon. Die korset is die fokus punt van my rok!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19