Suré de Swardt
Hoërskool Parys
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Aan die begin het ek glad nie geweet wat ek wil hê nie, het nie geweet wat by my gaan pas nie. Al wat ek geweet is dit moet lank en pienk wees en uitstaan. Ek het na baie foto’s gaan kyk en ‘n paar rokke aangepas. Aangesien ek al so lank groei aan my hare, wou ek dit los dra, so daar kon nie te veel detail agter wees nie. Onder leiding van Tienie Boshoff het my vae idees begin vorm aanneem op papier. Elke keer wat ek gaan aanpas het, het ek al meer opgewonde geraak oor my droomrok. En die eindproduk het my asem weggeslaan en my droom oortref en dit was presies wat ek wou hê.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Parys
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Om ‘n rok te hê wat pas by wie ek is, my rok wat by niemand ander sal pas as by my nie. En helder pienk. Stylvol maar tog anders, uniek. Ek wou soos ‘n prinses voel in my rok en dis presies hoe ek gevoel het. En natuurlik moes dit die “WOW-faktor” hê. My matriekafskeidrok het my die selfvertroue, dapperheid en die gereedheid gegee om uit te staan en om hierdie dag altyd te onthou.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die skuinslyn van die bo-stuk, die klein steentjies wat blink as ek in die rondte draai, en die kleur! Die gevoel wat ek gekry het as ek dit aangehad het was so lekker. Het nog nooit so mooi gevoel nie.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20