Sunay Oosthuizen
Hoerskool Eldoraigne



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Toe ek 'n prentjie sien van die rok was ek dadelik verlief en het besluit dit is wat ek soek. Ek het besluit om 'n uitskop styl rok te dra omdat dit die beste by my introvert persoonlik sou pas. Ek het besluit op 'n ligte "sage" groen kleur en die rok was met wit kant blommetjie en pereltjies versier, die lae van die rok het dit 'n sagte voorkoms gegee en het die rok laat uitstaan. Alhoewel my rok nie by ons "onder die see" tema gepas het nie, voel ek dit het my as mens die beste uitgebeeld. Die rok het al my matriekafskeid drome laat waar word en was die perfekte einde tot my skool loopbaan.