Su-Mari Pieterse
Hoërskool Wilgerivier



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek dink elke meisie het van graad 8 af 'n folder op haar foon van die perfekte matriekafskeid rok. Ek is met 5 idees na Werner Dey toe waar hy en Kalib Monroe my droom in n werklikheid omskep het. My tydlose rok met net een laag maroon, twee verskillende moue en pragtige krale het my persoonlikheid perfek uitgebeeld. Die rok was 'n spieël van my menswees. Werner se doel is om elke meisie op haar mooiste te laat voel in haar eie rok en ek het daai dag op my mooiste gevoel.