Sonja van der Schyff
Hoërskool Driehoek
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rooi rok het n glinsterende glitterafwerking wat die lig mooi vang . ‘n Gewaagde beenhoogte slit ,en n systuk wat verwyder kan word om sy veelsydigheid te beklemtoon . Hierdie rok kombineer skoonheid en gerief op n pragtige manier .
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Driehoek
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ons almal ken Riaan Benadé se liedjie “Rooiroknooi” , hierdie liedjie was beslis die inpirasie vir die kleur van my rok , maar die ontwerp was n ander tameletjie. Ek het een voorwaarde gehad , ek moet op my perd kan sit . Ek kon wel nie sit nie , maar ek kon lê . Wat kan ‘n mens dan nou meer wil hê?
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die systuk wat ek kan afhaal . Ek is mal oor dans , maar ek is ook mal oor n rok wat op die grond sleep as jy daarmee loop . Hierdie elegante systuk het dit vir my moontlik gemaak om nogsteeds soos n prinses te voel , maar ook ‘n hond uit n bos uit kan dans sonder om te bekommer dat iemand op my rok gaan trap .
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21