Sonique Viljoen
Hoerskool Gelofte
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
‘n Elegante, noupassende (fit & flare) korset rok met ‘n dyspleet, lang klokmoue en ‘n oorromp. Die rok het ‘n lae rug met uitsnysels (‘illusion sides’) langs die sye. Die rok is met die hand gemaak uit smaraggroen geborduurde kant en organza.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, by Willow Way Manor in Hillcrest KZN.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die heel eerste ding wat ek geweet het, was dat my rok groen moet wees. Die kleur groen verteenwoordig lewe, verhoog gevoelens van liefde, vreugde en innerlike vrede, en dit is presies hoe ek voel as ek groen aan het.
Ek wou 'n rok he wat ‘n kombinasie was van klasiek, stylvol en prinses gevoel. My ma het my rok op die internet raak gesien, maar net in 'n ander kleur. Toe sy dit vir my wys, toe weet ek dit is presies wat ek wil he.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok, is die feit dat ek die rok op verskillende maniere kan dra. Dit is die rok self en dan kan jy die oorromp bysit en/of die klokmoue, of sommer alles op eenslag dra.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-14