Solicia Meyer
Hoerskool Montana
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Wilma du Plessis is een van die beste ontwerpers in ons land, en my ervaring met haar het my verwagtinge oortref. Sy het 'n rok ontwerp wat gebaseer is op 'n foto wat ek op Pinterest gevind het. Hierdie unieke meesterstuk het my lyf en gelaat op 'n ongelooflike manier komplimenteer.
Dit is belangrik vir elke meisie om 'n pragtige rok te hê, en dit is 'n bonus wanneer dit ook gemaklik is. My rok was asemrowend mooi en uiters gemaklik. Dit is spesiaal vir my ontwerp, gemaak van regte Chantilly-kant en afgerond met dae se fyn handwerk. Die rok is totaal deurskynend, behalwe by die bra-koppies. Onder die rok het ek 'n kort broekie gedra wat spesiaal gemaak is om by die ontwerp te pas.
Die rok het een lang mou met 'n unieke, dramatiese val op die een skouer, wat die gevoel van die rok nog meer beklemtoon. Wilma se skepping het die elegante, misterieuse en smeulende voorkoms wat ek wou hê perfek vasgevang. Alhoewel die rok deurskynend is, het dit ongelooflik stylvol gelyk en was ek totaal gemaklik daarin.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok is geïnspireer deur 'n "Pinterest"-foto wat ek 'n jaar gelede gesien het. Die ontwerper, Wilma du Plessis, het hierdie foto as basis gebruik om 'n unieke meesterstuk te skep. Ek het gekies vir swart, omdat dit 'n kleur is wat sterk emosies oproep, gesag uitstraal, en altyd elegansie en tydloosheid beliggaam.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gusteling deel van my Matriekafskeid rok is die dramatiese val op die een skouer.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05