Skyla van Wyngaardt

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was nog altyd 'n gedagte van 'n kombinasie van klassiek, stylvol, minimalisties en tydloos.

Met miljoene prentjies in my selfoongallery en drome van alles wat sprankel, was ek gelukkig dat ek saam met my ontwerper Anje Bridal Couture die idee kon realiseer. Ek weet wie ek is. Ek weet presies waarvan ek hou en hierdie rok het geen verduideliking nodig nie!

Die rok is van swaar, swart satyn gemaak om die elegante argitektuur van die rok te kan ondersteun. Die korset bo-stuk rus net op my heupe en ryg agter toe om nogsteeds vroulikheid aan die skerp argitektuur te bied. Dit het 'n medium lengte romp en bobeen spleet.

Die treffer is die diamanté nekstuk wat soos 'n helder kristal kandelaar van bo die rok belig. Dit is 'n eenstuk wat soos 'n hangertjie om die nek vasmaak en met die fynste detail aan die skouerstukke vasgewerk is.

Om die drapering van die nekstuk te dupliseer en die finale prentjie af te rond, het ek gekies om 'n kousband met dieselfde diamanté drapering te dra wat dan deur die spleet loer.

My hare was klassiek en sonder tierlantyntjies en my grimering was doelbewus en treffend!

Alles was perfek!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media