Skyla Budiščak

Hoërskool Wilgerivier

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok bestaan uit twee kleure burnt oranje en 'n teal blou, met blommetjies kant detail en 'n paar steentjies vir ekstra blink. Die oranje lap is 'n moonlight lap wat deur die blou skyn en blink onder ligte,op die moue is daar ook blou strikke wat hang.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja ek het

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou 'n rok gehad het wat so uniek was dat as jy op die internet gegaan het,so 'n rok nie eers sou opkom nie en nou kan ek trots sê my doel is bereik. Die oranje verteenwoordig my gunsteling kleur en my brandende hart vir die Here. Die blommetjies dui op my sagte geaardheid en die strikke op my geneigdheid om altyd anders te wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die strikke dit het my soos 'n egte feetjie prinses laat voel en dit het die hele rok net perfek voltooi.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media