Leché Steenberg

Hoëskool Marais Viljoen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok, ontwerp deur Glam & Glitz in Bedfordview, is niks minder as sprokies-mooi nie. Die kombinasie van roosgoud en wit, skep n sagte, dromerige gevoel wat perfek by my oog-, vel-, en haarkleur aansluit. Van die oomblik dat ek dit gesien het, het ek gevoel asof ek in n ander wêreld is - een waarin ek as n prinses op die voorgrond staan. Die ontwerp self is elegant en verfynd, en weerspieël die unieke styl waarvoor Glam & Glitz bekend is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok het gekom uit my kinderjare. Ek het altyd gedroom om soos n prinses te lyk. Hierdie rok het daardie droom waar gemaak. "Met my vlerke wat strek begin ek my vlug na n droomprinses se nag." Die kombinasie van die klassieke prinses-silhoeët met moderne, sprankelende elemente het my die hele aand laat uitstaan. Ek het gevoel of ek letterlik in n sprokie leef.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die spierwit band met die strik was sonder twyfel my gunsteling deel van die rok. Dit was die perfekte afronding- klassiek en opvallend. Die strik het n element van verassing en speelsheid aan die rok gegee, en dit het vir my gevoel soos die perfekte mengsel van dapper en delikaat.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media