Lechante Coetzee

Helpmekaar College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het met behulp van Nadene van New Romantics Couture my rok ontwerp asook die kleur wat die beste by my sou pas, gekies. Ek het van haar rokke aan gepas wat sy al tevore ontwerp het en ek het na elke detail van die rokke gekyk en besluit watter deel ek van watter rok van gehou het, bv ek sou die moutjies gehou het op die een rok en die corset detail op 'n ander rok. Op die ou einde kon ons die legkaart stukkies van al die rok idees wat ek van hou by mekaar sit om tot my rok ontwerp te kom.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek gehoor het dat my rok ontwerp gaan word, het ek begin kyk na bekende fashion designers internasionaal, sowel as in Suid -Afrika. Ek het op Pinterest sovel as Instagram gekyk vir rok idees. Toevallig een middag het ek Mrs Face of Australia gekyk en een van die dames het n pragtige silver glitter rok gedra wat styf om die middel sit maar ook uitklok na buite. Ek het verlief geval op die idee van die rok en dus was daardie rok my insperasie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Alhoewel ek van elke gedeelte van my rok hou, is my gunsteling deel die corset. Die ligte fyn blommetjies, skep n gevoel van vrede en vryheid. Ek het altyd geweet Nadene maak die mooiste korsette en toe ek een vir myself gehad het, is woorde van blydskap wat ek nie kan beskryf nie. Die detail en frilletjies wat liggies op trek, die steuntjies wat so feintjies oor die basis van die corset skitter, is beslis my gunsteling deel van my rok, asook die feit dat my sluee kan af hak, so ek sal my rok weer kan dra en dan lyk dit heeltemal anders sonder die sluee.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media