Sizelle van Wyk
Hoërskool Dr Malan
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Dit is 'n assimetriese rok met sagte drapering wat in 'n off-shoulder inloop met fyn uitgewerpte seguin en bead lace wat oor die bo-stuk asook die res van die onderste romp loop. Daar is drie fyn sequin bandjies oor die een skouer wat na agter uitgesprei is oor my rug. My rug het n lae V-rug en 'n rits met klein knoppies op. Ek het hierdie keuse van ontwerp gekies omdat dit sjiek en stylvol is. Die kleur het my haarkleur en groen oë gekomplimenteer en die sagtheid van my persoonlikheid uitgebring.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Dr Malan
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My grootste inspirasie vir my rok was definitief my kleur. Ek het nog nie geweet watter kleur om te kies nie. Al wat ek geweet het was dat dit nie groen moet wees nie omdat daar verwag word van elke rooikop om groen te dra. Toe ek die ontwerper ontmoet en hy vir my sê: "Nie Alle Rooikoppe hoef groen te dra nie," was dit vir my 'n inspirasie.
Vandaar het alles net perfek inmekaar geval. My rok was met soveel detail ontwerp. Ek wou iets uniek en blink gehad het, wat dadelik 'n treffende indruk geskep het. Pers is vir my die kleur van kreatiwiteit en transformasie. Ek is ook 'n kreatiewe mens.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die af-skouer-styl van my rok het op 'n unieke manier die sagtheid van my persoonlikheid uitgebeeld. Die styl het selfvertroue en gemak uitgestraal. Dit het 'n treffende indruk geskep wat balans gebring het tussen 'n klassieke styl en 'n moderne energie.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-03