Siobhan Munnelly-Lubbe



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Na 12 jaar van 'n wonderlike en soms uitdagende skoolloopbaan wou ek dit afsluit met ‘n matriekafskeidrok wat dankbaarheid vir dit wat verby is weërspieël, maar ook hoop vir die nuwe fase en seisoen wat vir my voorlê.
Die ombrémateriaal het my oog onmiddelik gevang. Die kleur en balloneffek het my laat dink aan die wolke. Die wit gedeeltes verteenwoordig suiwer geregtigheid, blaamloos, waarheid ,onskuldig en selfregverdiging. Die blou gedeeltes staan vir die geestelike werking en teenwoordigheid van die Heilige Gees. Die ligter blou is die Gees van die mens. Ek wou my persoonlikheid weerspieël in my rok. Jeugdig, speels, tog elegant en gesofistikeerd!
Dankie aan Karen Malan van Chosen for You en haar span wat my rok uitgebeeld het in hulle handewerk.