Simone Vermaak

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My inspirasie van my navy blou rok, alhoewel ek n moeilike besluit moes neem oor my rok het ek tot op n punt gekom en gese ek wil myself wees in die rok en nogsteeds vroulik en gemaklik voel. My rok het my laat voel asof ek by die MET GALA op die rooi tapyt loop. My rok is n blink en vloeiende materiaal wat pragtig val

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het toe ek geweet het my matriek afskeid kom al geweet ek soek n rok wat my persoonlikheid uitbring en iets wat uniek is. Ek het verskeidenheid kleure rokke aangepas om seker te maak wat my oë mooi sal laat uitstaan en my persoonlikheid uitbeeld. Ek het toe aande omgesit en inspirasie gesoek op Pinteste en Instagram en eendag die perfekte rok ontwerp gesien. En toe besluit op n Navy blou wat my help met my kleurharmonie. Navy blou komplimenteer my vel kleur en my oë. Hierdie donker en geheimsinnige kleur simboliseer my intelligensie, lojaliteit en getrouheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok is n prentjie van wie ek persoonlik is. Ek sal sê my gunsteling deel van my rok is hoe hy my laat voel. As ek moet kies was my voorkant verseker my heel gunsteling deel.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media