Simoné Pieterse

HTS Witbank

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok is 'n pragtige stuk wat grond toe vloei, gemaak van 'n deursigtige materiaal met glas kraletjies en pailette. Dit het 'n pasgemaakte bustier wat die middellyf beklemtoon, wat lei tot 'n vloeiende romp wat saggies swaai met beweging. Die neklyn is deur n chinese cheongsam geinspireer en ontwerp, met delikate moutjies wat oor my skouers hang wat sofistikasie byvoeg. Terwyl die agterkant ingewikkelde besonderhede het, soos die opening op my rug wat bydra tot my rok se sjarme. Oor die algemeen is dit 'n rok wat elegansie uitstraal en moeiteloos aandag trek. Ek het gestrewe om n gevoel van tydlose skoonheid te bereik met my rok se ontwerp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HTS Witbank

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos elke meisie het ek vir jare gedroom oor my matriekafskeid rok, ek het soveel idees gehad!  Maar 'n paar maande voor die groot dag was my inspirasie spoorloos, dalk juis omrede my kop te vol idees was...  Wat ek wel geweet het is dat ek iets wou dra wat klassiek en stylvol is.  Ek het net aanhou glo dat ek wel my droomrok gaan kry en so het ons aangehou soek ... van Pinterst tot Milan se loopplanke op die internet en 'n paar teleurstellende aanpassings het ek besluit om dit wat ek wou hê te teken en van daar af te gaan.  Dis toe dat my ma voorstel dat ons my rok self maak en ek was 100% reg vir die uitdaging en het haar ten volle vertrou. So het my droomrok onstaan!  'n Rok wat met geen ander vergelyk kon word nie. 'n Rok wat my ten volle verteenwoordig en met soveel liefde aanmekaar gewerk is!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok is nie net 'n pragtige kledingstuk nie, maar 'n hartlike skepping, geweef met liefde, sorg en moeite deur my ma se hande.  Vir my is die gunsteling deel van my rok die feit dat my ma soveel moeite gedoen het om my droomrok 'n werklikheid te maak. My rok is spesiaal, nie net omdat dit presies is waarvoor ek gewens het nie, maar omdat my ma haar finale handewerk op my die dag van my matriekafskeid kon sien. Die laat aande agter die naaldwerkmasjien en die moedeloosheid oor veranderinge wat gemaak moet word om die rok perfek te maak vir my, gaan vir ewig die beste deel wees van my rok.  Die komplimente en kyke van bewondering as ek vir die mense sê my ma het my rok gemaak, het alle uitdagings die moeite werd gemaak. Die ontwerp en maak van my rok dra 'n emosionele gewig, wat die dankbaarheid wat ek voel vir my ma se talent en die tyd wat sy in die maak van iets so spesiaal vir my belê het. Om dit te dra, voel dit om myself te omsingel met haar warm liefde en omgee, wat elke oomblik wat ek in my rok spandeer het, net nog meer betekenisvol gemaak het. Dit is 'n ware getuienis van haar talent, omgee hart en die kosbare herinneringe wat ons geskep het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media