Simone Louwrens

Hoerskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Geskryf deur Simone Louwrens; "As 'n 5 jarige meisie het ek my Pa verloor. Ek was en is nog baie lief vir my Pa. Terwyl my Pa groot geword het, het my Oupa vir 45 jaar by Coca-Cola SA gewerk as die bemarking bestuurder. As gevolg daarvan het my Pa die bynaam “klein Coke” gekry. Van kleins af was Coca-Cola nog altyd in my lewe. Ons het my Oupa altyd “Oupa Coke” genoem omdat daar altyd Coke in die huis is en al die Coke promosie material orals om die huis tot sy posbus was Coca-Cola. Dus omdat Coca–Cola so 'n groot deel in ons familie is, was dit vir my belangrik om my Pa wat nie daar kon wees nie deel te maak van die dag. Fotos : Mejandra Photography Rok : Kobus Rautenbach Couture Makeup : Blush Makeup by Santjie Hare : Biance Knighton Van B's Hair Studio Naels : Zeldean's Beauty

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Wesvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die vlinders simboliseer iets wat mooi is, verandering en grootword. My vlinder oorbel het my ouma wat in Stilbaai bly vir my gekoop sodat sy ook daar kon wees van daar ver af. Die Coca–Cola simboliseer die manne in my lewe waarsonder ek nie sou wees wie ek is vandag nie, my Pa (Riaan Louwrens) en my Oupa (Willie Louwrens)."

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur en tema Coka - Cola..... Omdat Coca–Cola so 'n groot deel in ons familie is, was dit vir my belangrik om my Pa wat nie daar kon wees nie deel te maak van die dag.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media