Simoné Els
Midstream College
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok se klassieke lyne en elegante voorkoms, weerspieël vroulike skoonheid. Die oop rug met die interessante detail by die lae rug, is sensueel. Die onderkant van die rok met die lang sleep, los tog nog ietsie oor vir die verbeelding, omdat dit geen been wys nie. Die rok se diamanté detail skitter ligblou, pers en soms pienk as die lig daarop val.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Midstream College
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Na vele navorsing oor idees vir rokke en verskeie aanpas sessies, het ek besluit op die unieke rok omdat dit een van my gunsteling kleure bevat, wat blou is. Die dag toe ek my droom rok vir die eerste keer aanpas, toe weet ek dit is presies die rok wat ek ingedagte gehad het. Die ombré gevoel wat die diamanté detail gee wat dan terselfde tyd ligblou, pers en pienk skitter, het die rok net daai ekstra spesiaal gemaak.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die rok se detail by die rug is vir my baie mooi, die patroon wat die bandjes agter vorm, laat dit sensueel lyk, maar nog steeds elegant. Die rok het die vorm van my lyf soos 'n handskoen gepas en dit het my soveel selfvertroue gegee. Die refleksie van die lig op die rok se diamanté detail het blou en pers geskitter en dit het my dadelik laat dink aan die Jakaranda bome in Pretoria wat in Oktober blom. Dieselfde maand waarin ons skool se matriekafskeid is. Die dag was perfek, die weer was goed, die lug helder blou en die pers blommetjies van die Jakarandas het die droom prentjie perfek afgerond.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05