Shelby Burri
Eunice Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die talentvolle ontwerper, Sadé Jansen van Sadé Jansen Designs en haar span in Bloemfontein, het my perfekte rok gemaak.
Hierdie rok se oorsprong is vanaf die 1946 rolprent "My Fair Lady" waarin die ikoniese aktriese Audrey Hepburn in die pragstuk verskyn het.
Rok se besonderhede is as volg:
Materiaal: Illusie tule
Versierings: Kristalle, Kristalblomme en Kristalrandjies
Ander kenmerke: Satyn eenstuk korsetpakke onder, met 'n deursigtige bo-stuk en deursigte vloeiende romp onder,
fraiende neklyn, en geronde kristalskouers. Die kristalstene bo-op die deursigtige tule gee die dit 'n dryfende effek.
Afgerond met 'n paar blokhak sandale, versier met kristalstene, en 'n enkel diamant tennis armbandjie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek droom my hele skoolloopbaan oor my matriekafskeidrok. As internasionale mode model, wat vrooër hierdie jaar op die loopplanke by Fashion Week in London en Milan gepronk het, is mode van kleintyd in my bloed.
My rok se inspirasie kom van die 2021 Met Gala - waar model, Kendall Jenner se pragrok, deur ontwerper Matthew M Williams vir Givenchy ontwerp is, my hart gesteel.
Kendall Jenner was asemrowend mooi in daardie elegante mode skepping, en ek het daar en dan besluit dat dié my matriekafskeidrok sou wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die eenvoud en elegante snit van my rok en die prag van die kristal borduurwerk, deur die talentvolle Sadé Jansen, van
Sadé Jansen Designs het my soos 'n skitterende supermodel laat voel.
Alhoewel dit op die aand, ongelooflik koud in Bloemfontein was, met 'n onverwagse koue front met snerpende koue
wat die land getref het, het ek dit skaars gevoel.
Senuwees en opwagting van 'n wonderlike aand het my laat vergeet van koud kry.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-21