Shaye-Lee Stigling

Hoërskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is eintlik n eenvoudige a-lyn rok met n oop rug en hoë slit. Wat my rok besonders maak is die volgende: Die kleur van my rok is honey-peach dit verwys na die aarde. Daar is klein fyn pastel kleurige blomme op wat verwys na die groei van die lewe. Tussen in is daar ook klein skoenlappers wat vir my verwys na die groei van ietsie lelik….die papie…. Wat dan in n pragtige skoenlapper ontgroei. Daar is vele bybel versies wat bo op my rok geborduur is wat ook in pastel kleure is. Aan die binne kant van my rok is daar met n insetsel nog bybel verse ge-print.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Yes

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nie regtig enige inspirasie vir my rok gehad nie. Inteendeel het ek nie geweet wat ek wil hê nie. Ek het 1 dag gebid tot die here en gevra hoe moet my matriek afskeid rok lyk want ek wou baie graag my geloof en die mense wat ek lief het deel van my rok maak. Die here het my n droom gegee en van daar af het ek geweet dis hoe my rok moet lyk!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriek afskeid rok was definatief die bybel verse. Ek het vir elke spesiale persoon in my lewe gevra om hul gunsteling bybel versie vir my te gee. Met ander woorde elke bybel versie op my rok verteenwoordig elke spesiale persoon in my lewe wat my die vrou gemaak het wat ek vandag is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media