Sharni Van der Westhuizen

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Sag, romanties en treffend! Hierdie aarbeirooi roosblaar rok vang elke deeltjie van wie ek is perfek vas. Die rooi verteenwoordig my sterk en dapper persoonlikheid en die effense roosblare wat afreën, beklemtoon my warm, sjarmante kant. Dit het boonop verskuilde sakke ook. Elke blaartjie is uniek en spesiaal vir my rok vervaardig en met groot deernis een vir een met die hand aangewerk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd versot op Emily in Paris se romantiese, chic, Franse styl wat die uiteindelike inspirasie agter die rok was. Ek wou ń rok gehad het wat treffend, maar terselfde tyd sag is en Anel Botha het hierdie paradoks perfek in my rok uitgebeeld. Ek het werklik gevoel asof ek in Sharni in Paris kan speel met hierdie elegante rok!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hoe kan ń mens dan nou nie verlief wees op hierdie unieke aarbeirooi koraal kleur van my rok nie? Vir seker my gunsteling deel van die rok juis omdat dit ń gevoel van elegansie en passie in my tuisgebring het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media