Sharik Steyn
Hoërskool Labori
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het my rok met 'n grys potlood geteken op 'n stuk papier. Ek was onseker oor my rok se kleur keuse. Ek het 'n kleur analiese gedoen en nadat ek geweet het watter kleure by my sal pas, het ons 'n ontwerper gaan sien. Ek wou graag iets met skoenlappers of blommetjies gehad het en ons ontwerper Juandri du Toit het saam gegaan op ons soektog om die geskikte materiaal te koop. Dit was vir my belangrik dat die rok my figuur moes komplimenteer en dit stylvol en uniek moes wees. Ek het besluit op 'n rooi en blou blommetjies materiaal, met rooi as die hoof kleur.
My rok is 'n prinses styl met net een lang mou wat tot op die grond sleep. Ons het 'n goeie balans gevind tussen die vloei van die blommetjie patroon op die ontwerp en die enkel lang vloeiende mou om alles mooi af te rond. Die eind produk het statig soos 'n rok wat 'n koninglike sou kon aantrek na 'n glansgeleentheid uit gekom en met die laaste aanpassing het dit my soos "royalty" laat voel. Ek wou graag dat my rok uitstaan en het besluit om op die detail van my hare en juwele af te skaal sodat my rok die grootste blywende indruk kon maak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die slagspreek:"blom (groei) waar jy geplant is", was die grootste inspirasie vir my rok. As 'n onseker Gr 7 meisie het ek soveel gegroei tot en met Gr 12. Ek het deelgeneem aan alles wat ek kon en dit wat onbekend was vir my, aangedurf. Dit was 'n pad vol opofferings, maar ook ondekkings en waardevolle lesse. Elke klasmaat, vriend, onderwyser en familie het 'n bydra gelewer tot waar ek met selfvertroue en trots staan. Die blommetjies op my rok verteenwoordig elkeen wat my bygestaan het om te kon groei, net soos 'n tuinier omsien na 'n tuin deur dit te water om later die pragtige blomme te kan geniet. Die enkel langmou wat tot op die grondsleep en deur die wind vrylik kon beweeg is deel van die nuwe reis wat voorlê na skool. Die vryheid na Gr 12, maar ook om te weet dat jy altyd jou skool herinneringe saam met jou sal dra.
Om 'n bos blomme te ontvang laat 'n mens altyd spesiaal voel. Met my persoonlikheid wil ek soos 'n bos blomme vir ander wees. Ek is 'n blommetjie "vibes" meisie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is hoe dit my laat voel wanneer ek dit aan het. Die beweeglikheid van my rok as ek in die rondte draai en die enkel vloeiende mou wat volg laat my voel of alles waaroor ek droom moontlik is.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-17