Shante-Lee Oosthuizen

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Volgens my ontwerper, noem sy dit die "ultimate couture abomination". Jy mag dalk vra hoekom? Wel, swart is nie n maklike kleur om te doen vir matriekafskeid nie. Dit kan baie vinnig vervelig raak. So, die doel was om soveel as moontlik verskillende teksture te kombineer wat die mens se aandag sal hou. Dit begin by die sequin tulle wat bo my corset uitgesteek het. Dieselfde tulle is gebruik om die "iconic peplum skirt" te skep. Die corset is met 'n swart beaded sequin materiaal gevorm en dieselfde materiaal is gebruik vir die res van my rok. Die corset is met fyn silk swart linte geryg. Die klein gedetaileerde beaded strikkies aan weerskante van my middel is 'n baie unieke manier om die strikkies te inkorporeer sonder om dit die hoof fokus van die rok te maak. En dan vir die drama...die tulle sleep wat omring is met swart vere, baie baie vere. Niks van my rok skree vervelig of unoriginal nie, en dit was maar die eintlike doel van my rok...om my rok so oorspronklik as moontlik te hou, want anders sou dit nie ek wees nie. <3

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd geweet ek wil 'n rok dra wat baie "Old Hollywood red carpet" geïnspireer is. Audrey Hepburn se algehele aesthetic in 'Breakfast at Tiffany's' was 'n groot inspirasie. Ek het geweet ek kan nie net enige iets kies nie. Ek het baie "vintage Hollywood" sketse van rokke bymekaar gemaak, baie "runway looks" en ek het drie vir my ontwerper gewys. Ons het toe besluit om al drie te kombineer om die perfekte "Old Hollywood couture gown" te ontwerp. My liefde vir die film industrie was regtig 'n groot inspirasie vir my rok en ek voel my rok het genoeg drama gehad om op 'n rooi tapyt te verskyn.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek gaan so eerlik wees en sê alles! Elke liewe aspek en detail van my rok was so fyn beplan dat dit regtig moeilik is om te kies. Die klein strikkies, die "peplum skirt", die beads wat meng met die sparkle...alles het so mooi saam gesmelt om hierdie tydlose couture gown te vorm. Kom ek dink, as ek nou regtig iets MOES kies, dink ek dit sou die ekstra tulle materiaal wees wat bo die corset uitgesteek het. Dit het die hele rok sulke "ethereal" en klassieke gevoel gegee.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media