Shani Botha



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Anders as meeste meisies het ek in my matriek jaar ingestap sonder ń idee hoe my rok die einde van die jaar moet lyk.
Ek het in February in Lizan (my ontwerper) se studio in gestap en vir haar volle kreatiewe vryheid gegee oor my rok… want dit is wanneer ek glo die mooiste kunswerke gemaak word en dit is juis wat my rok is.
Onbewustelik het ek my ma se matriekafskeid rok in gedagte gehad en haar voorbeeld van die pers met die strikkies op die skouers. (Alhoewel my strikkies hopeloos te klein was om in die mode vir daai tyd.)
Met my eerste aanpassing het my ma gesê dat ek soos ń meermin lyk en die tema het gebly deur die pêrel detail op die sleep en bors.
In die einde was die rok wat ek net kan beskryf as ń meesterstuk wat my persoonlikheid weerspiëel. Dit is ń elegante rok wat vloei soos water in die wind.