Shaney Lotter

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n sjampanje kleur, met 'n "nude" gekleurde net onder, met hand geborduurde blomme op. Daar is 'n net aan die onderkant van die rok. My rok maak verskillende skynsels as ek draai of as die son op my rok skyn. Die sleep kan afhak van die rok af, en daar is 'n geborduurde belt wat die hakkies van die rok dan verbloem.

My ontwerper was Wilna Young van Rustenburg. Ek het haar op Facebook gesien en na al die ander wonderlike rokke op haar profiel gekyk, en toe besluit dat sy die regte persoon was om my rok te maak. Ek het aan haar verduidelik hoe ek my rok wil hê, sy het dadelik geweet wat ek wil hê. My rok was van die 1ste passing tot op die laaste perfek.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media